Blog

Patient Testimonial: Breast Cancer Survivor

01:03 25 October in Uncategorized

Receiving the news that you have breast cancer will always be a shocking experience.  At this time it is important to know that you will not need to fight this dread diagnosis alone.  We are especially privileged to have a fantastic team of experts in Somerset West who will gather around you, co-operate and work together to obtain the best possible outcome for you.

Below is the letter of thanks we received from a grateful breast cancer survivor, Helani Klopper.  She has given us permission to share her letter as it is her sincere wish to inspire others that may be going through the same ordeal that it is possible to have a very positive experience. 

WOW, 16 Feb het my “kanker pad” met die mammogram begin en gister hoor ek in beide die klier en borste se weefsel is geen kanker gevind nie!!

Wat ‘n geseënde pad en ek beskou elkeen van julle as engele wat God oor my pad gestuur het!

 

Dr White:

Dankie vir jou oproep op die dag van die mammogram, aanbeveling na Dr Coolen en vinnige reëlings om ‘n afspraak by hom te kry.

 

Dr Coolen:

Ek onthou jy het gesê “stick with me and I’ll get you through this” en hier is ons nou… wonderbaarlik “through”!

Dankie vir al die vinnige reëlings met biopsie, CT scan, MRI, afsprake (ook na my chemo onverwags gestop is) en die manier waarop die slegte (en goeie!) nuus aan my oorgedra is, aanbeveling na Dr Fourie en Dr Toogood en inloer na die operasie.

 

Dr Fourie:

Dr Coolen het gedink jy sal ‘n goeie “fit” wees vir my en dit was inderdaad so! Ek onthou hoe rustig ek gevoel het toe ek na ons eerste afspraak daar weg is en ek het geweet ek is op die regte plek. Nooit is ek oorlaai met te veel inligting, net geweet wat nodig is vir die volgende fase.

 

Dr van Zyl:

Dankie dat jy daarop “aangedring” het dat ek jou met my hande kom sien. Ek het gedink dit kan wag, ek het nie pyn en genoeg om te hanteer tussen kanker, werk en my gesin. Het jou sekretaresse nie weer gebel en sê dat jy sê dit is dringend en ek moet kom nie, sou ons nooit (of dalk te laat) weet van die Stevens Johnson syndrome, wat toe ook daartoe gelei het dat hierdie kanker pad suksesvol met 5 weke verkort is. Dankie ook vir die gereelde opvolg na die biopsie.

 

Dr Human:  

When entering my hospital room you had such a positive presence and put me at ease from the start, also clearly explaining the procedure to follow. Never in my life have I come across such a vibrant anaesthetist.

 

Dr Toogood:

Lastly… but surely not least!

To be honest, I don’t think I would have otherwise ever visited a “breast fairy” but so happy to have been recommended to you by Dr Coolen. As I’ve said from the beginning, I will leave myself to your knowledge and experience and what a remarkable job you have done. Thanks for that and I know I will be in good hands for the full recovery and follow-up visits.

Ek voel regtig so bevoorreg dat ons hier in Somerset-Wes – omring deur fantastiese dokters – kan bly en glo my, jul reputasie (het ek agtergekom) loop julle vooruit!

Dra asseblief ook my dank aan jul personeel (Toni, Sean & Annelize, Chantelle & chemo kamer personeel, Barbara & Marike) oor wat soms met my in trane moes praat, bemoedigend was en altyd bereid was om te help.

Ek weet julle dae is soms lank (maar daar word darem ook tyd gemaak vir plesier) maar ek dink teen die einde van die dag as julle jul kop gaan neerlê, moet dit so bevredigend wees om te weet dat jul elke dag ‘n verskil in iemand se lewe maak!

 

Mag die Here elkeen van julle seën om nog lank en voorspoedig so te kan voortgaan.

Vriendelike groete

Helani Klopper